blaaskaak s.nw. Grootprater, windmaker. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Dit is nou al ou nuus, maar neem ’n oomblik om te besin. Daar sit die hele #Me Too-stormtroepe toe by die Oscars en gee ’n staande toejuiging vir ’n man in ’n ontwerperspak wat ’n ander man, ook opgedollie, ’n taai klap gee.
Die sikofante en tropdiere se applous was darem nie tydens die hou nie, maar wel toe die man wat die oorveeg gegee het ’n prys wen. Kry ’n trofee, dan is jy almal se pel.