modemasker s.nw. mond-en-neusmasker, met ’n mooi ontwerp en gemaak van mooi materiaal, wat dien as modebykomstigheid: (Via taalbank.nl). – Woordeboek van Afrikaans Vandag.
Met die lente is dit geleë om na vars woorde te kyk. Die leksikograaf Jana Luther, mederedakteur van die WAT, se aanlyn woordeboek is ’n goeie begin.
Nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het, word in die Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk.