Kunsinstallasie s.nw. Een van die kragtigste van alle kunsvorme. In teenstelling met tradisionele mediums soos skilderkuns is dit ontwerp om hele galeryruimtes te vul.
Kunsinstallasies bevredig nie almal se verwysingsraamwerk of smaak nie. Jy moet die absurde en burleske weerkaatsings van die lewe moet kan raaksien, jou verbeelding laat gaan.
In Johannesburg was ek by 'n installasie in ’n fabriek waar slange vir jou uit ’n voëlhok gesis het. Middeleeuse Japanse musiek het saggies op die agtergrond getinkel terwyl die slange jou beloer en saamdans.