afval s.nw. Kop en pootjies en die pens van ’n geslagte dier. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.
Net soos ’n mens dink daar gaan ’n swaai wég van praal na eenvoud wees, misgis jy jou. Oorloë laat ons kantel, mense kry swaar, geld is skaars. Spaarsamigheid en minimalisme sal dus seëvier.
Glad nie. Dit is asof die wêreld van die smulpaap glimmer soos silwer-eetgerei. Ná Covid-19 se vernieling het daar ’n menigte sjiek eetplekke oopgemaak. Die elite van koskenners ruk soos skape op wat ná ? lang droogte reën ruik.