Nou kan jy ook nie meer op ’n Greyhound-bus ry nie. Dié busdiens sluit binnekort.
Jy kan ook nie meer ’n Chocolate Log koop as jy lus is vir iets soets nie. Of ’n Caravan. Of ’n Nux. Of een van daai plat, taai Creamy Toffees waarop jy lank gelede byna ’n tand gebreek het. Hulle maak nie meer Creamy Toffees nie en op ’n dag kon jy nie meer ’n Hubbly Bubbly-koeldrank koop nie. Ook nie ’n blikkie Groovy nie.
Die Spur het nie meer ’n salad valley nie en niemand kom lewer meer soggens vir jou melk by die huis af nie, mits jy die leë Dairy Bell-bottel – daardie een met die oranje koeitjie op – met die koepon daarin op die stoeptrappie gelos het.