Die uiteindelike prentjie wat ons van 2021 het, is nie fantasties nie, maar steeds beter as wat ’n mens deur die loop van die jaar kon vermoed, skryf Christi van der Westhuizen.
Jan Smuts het een keer opgemerk “die ergste, net soos die beste, gebeur nooit” in Suid-Afrika nie. Die jaar 2021 was ’n senutergende illustrasie van hierdie ongelukkige, dog ook gelukkige, middelmatigheid.
Van die ekonomie en die verkiesing, tot die pandemie en die 25-jarige herdenking van die Grondwet, is slegte nuus dikwels deur goeie nuus opgevolg.