Die “radikale ekonomiese transformasie” (RET)-faksie, of die Taliban, soos hulle nou in KwaZulu-Natal bekend staan, het Ankoles geëet in Durban, maar ’n muis gebaar by Nasrec.
Die ANC-beleidskonferensie verlede naweek by Nasrec het geen nuwe beleid opgelewer nie, maar darem oor een saak duidelikheid gebring: Cyril Ramaphosa se pos as president is verseker. Dit lyk sowaar of hy in Desember onbestrede herkies gaan word.
Dis nie seker wie in die ander topses-poste aangewys gaan word nie, maar dit sal mense op Ramaphosa se kieslys (slate) wees. En in die nasionale uitvoerende komitee gaan Ramaphosa se mense ook vir die eerste keer oorheers.