Dis geen verrassing dat die ANC se steun tot naby 40% en selfs onder 40% gedaal het in die jongste peilings oor politieke steun nie.
In hierdie stadium lyk dit asof die ANC gelukkig sal wees as hy 40% van die stemme kry wanneer Suid-Afrikaners iewers tussen April 2024 en Augustus 2024 stembusse toe gaan.
Wat wel verrassend is, is die swak steun vir opposisiepartye in die peiling wat Ipsos, een van die wêreld se gesaghebbendste marknavorsingsmaatskappye, verlede week bekend gemaak het.