“Ons gaan Athol Trollip verwyder omdat hy wit is,” het die EFF-leier, Julius Malema, in Maart 2018 gesê.
Die EFF wou die DA straf omdat die DA die EFF se planne vir die onteiening van grond teengestaan het.
Daarmee het Malema die samewerkingsooreenkoms opgeskeur wat hy in Mei 2016 met die DA en ander opposisiepartye aangegaan het om die ANC uit die land se grootste metrorade te hou.