Dis ontstellend om die stomp en snedige reaksies te sien op pres. Cyril Ramaphosa se uitlating aan die SAKP dat Gwede Mantashe, minister van minerale en energie, voorgestel het dat die regering ’n tweede elektrisiteitsmaatskappy skep wat ’n mededinger vir Eskom kan wees. En dat hy wat Ramaphosa is, dink dis ’n goeie idee.
“Hoe kan hy so dink?” en “Ja, dis presies hoe die ANC dink – hulle het Eskom opgefoeter, nou begin hulle net ’n nuwe Eskom.”
Maar die idee om Eskom se kragopwekkingsafdeling in verskillende maatskappye te verdeel, was betreklik onlangs ’n voorstel wat die land se voorste gebruikers (sakeleiers) gemaak het op sommige van verskeie forums in die 14 jaar wat ons nou sukkel om Eskom op dreef te hou.