Weet jy wie Ngwako Maenetje is? Nie? Goed, jy weet seker darem wie Tembeka Ngcukaitobi is? En Steven Budlender, David Unterhalter en Wim Trengove? Ja, al vyf is van die land se top-advokate.
As jy vir tweede- of derdejaarstudente in die regte die name gaan vra, is die kans goed dat hulle nie die name gaan ken nie.
Maar vra ’n bietjie of hulle weet wie Dali Mpofu is. Natuurlik, hulle almal weet wie hy is. Mpofu het ’n status onder regstudente, veral regstudente uit arm huise, wat grens aan ’n Hollywood-ster. Hy is ’n rolmodel vir hulle. Hulle wil eendag soos hy wees.