Daar was iets anders aan Woensdag se mosie van wantroue in die kabinet van pres. Cyril Ramaphosa.
Nie dat die mosie van die DA-leier, John Steenhuisen, enige kans gehad het om te slaag nie, maar daar was ’n erns in die lug wat afwesig was by elkeen van die ses mosies van wantroue wat van 2015 tot Augustus 2017 in oudpres. Jacob Zuma ingestel is.
Selfs die laaste mosie teen Zuma in Augustus 2017 met ’n geheime stemming wat hy naelskraap met 198 teenoor 177 stemme oorleef het, is nie in so ’n gelaaide atmosfeer gedebatteer soos Woensdag s’n nie.