Dit is 15 minute voor middernag. Ek sit in stikdonkerte. Die lig in die vertrek – net soos die land se ligte – is af.
Ek sit al vir meer as ’n maand en werk aan ’n stuk skryfwerk, maar elke keer as ek begin, sit my brein eenvoudig net die ligte af. Soos jou ma wat jou beveel dis slapenstyd – of jy nog wil lees of nie, maak nie saak nie.
Die woord self-straf kom by my op. In meer populêre kultuur noem die woke volk dit deesdae mos self-haat. Die woord is ’n bietjie hard op my ore en gemoed.