’N Belangrike verslag wat ’n internasionale maatstaf vir die stand van die mediavryheid in die wêreld is, word more uitgereik.
Die Committee to Protect Journalists (CPJ) is ’n onafhanklike nieregeringsorganisasie wat homself beywer vir die bevordering van mediavryheid en joernaliste se reg om hul werk te kan doen sonder vrees vir hul veiligheid of vir vervolging.
CPJ reik jaarliks ’n verslag uit waarin uiteengesit word hoeveel joernaliste (en in ’n breër definisie mediawerkers) wêreldwyd vermoor is, in aanhouding is of vermis word. In die moord-kategorie word onderskei tussen sterftes in kruisvuur, in die uitvoering van ’n gevaarlike opdrag (soos verslaggewing oor ’n oorlog) of moord.