Dis 06:00 Maandag en die wekker gaan af. Tyd vir werk. Sug.
Maar wees maar bly jy het ’n werk. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers, gemeet in Junie 2021, staan op 48,9%. Dit is een van die hoogste amptelike werkloosheidskoerse wêreldwyd. Dis so algemeen om Suid-Afrika met hoë werkloosheid te assosieer dat hierdie syfer ons nie eens meer skok nie. Maar dink mooi daaroor na: Een uit elke twee mense wat wil en kan werk, kry nie werk nie – en verdien daarom nie ’n inkomste nie, betaal nie belasting nie, en vind geen vervulling as produktiewe burger van die samelewing nie.
Mens sou dink dat met hierdie geweldige hoë werkloosheidskoers, sonder twyfel die grootste sosiale euwel van ons tyd, daar slim mense is wat kan help.