In 1930, ’n paar maande ná die plotselinge ineenstorting van die aandelemark op Wall Street, skryf die Britse ekonoom John Maynard Keynes ’n merkwaardige opstel oor die toekoms.
In ‘The Economic Possibilities for Our Grandchildren” skets Keynes ’n optimistiese beeld: “Ja”, sê hy, “ons ly tans aan ’n vlaag van ekonomiese pessimisme.
“Dit is algemeen om gewone mense te hoor sê dat die geweldige vooruitgang van die laaste eeu tot ’n einde gekom het.”