Dit was die aansteek van die fakkel wat my gevang het. Die bravade van die boogskutter – Antonio Rebollo, sou ek later uitvind – om ’n vlammende pyl oor die Barcelona-arena te skiet en daarmee die fakkel aan te steek, is my eerste herinnering van die Olimpiese Spele.
Meer Olimpiese oomblikke sou volg. Elana Meyer wat met die kringe-vlag ’n silwermedalje by die einste Barcelona vier. In Atlanta, Penny Heyns se twee goues in die swembad. En my gunsteling: Josia Thugwane, arms wat slinger, in die marathon. As ek ’n moeilike dag het, vind ek daardie video op YouTube.
’n Jonger generasie sou nuwe sterre vind: Chad le Clos wat die groot Michael Phelps in Londen uitoorlê. Wayde van Niekerk se buitebaan-wêreldrekord in Rio. Tatjana Schoenmaker wat skoonmaak in Tokio.