Johan Fourie: ’n Bedreiging? Nee. Dié wat immigreer skep welvaart

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Poort vir immigrante: Die Kaap van Goeie Hoop in die 1700’s.  Foto: Getty Images
Poort vir immigrante: Die Kaap van Goeie Hoop in die 1700’s. Foto: Getty Images

Iewers langs die pad het Louis en Pierre ontmoet. Ons weet nie presies waar nie, maar tussen Schaffhausen in Switserland en Frankfurt in Duitsland moes die twee jonges mekaar raakgeloop het, vlugtelinge op pad na ’n onseker toekoms. Dit was Oktober 1687, die begin van winter. Louis was 18 jaar oud, enkellopend, ongeletterd, ’n Franse arbeider op vlug van die Katolieke dragonders wat die Protestante agtervolg het. Pierre Lombard was effe ouer en getroud; sy vrou, Marie Couteau, hul jong kind en Pierre se suster het saam gereis. Soos duisende ander Hugenote was die Lombards ook op soek na ’n nuwe heenkome buite Frank­ryk.

Hulle het lank genoeg saamgestap om vriende te word. Pierre het waarskynlik vir Louis oorreed om, eerder as om hom in Duitsland te vestig, saam met hom en sy familie na Amsterdam te gaan, die goue stad tydens Nederland se Goue Eeu. Dáár sou hulle seer sekerlik ’n nuwe lewe kon bou. En dit was ook só: In Desember, in die middel van winter, het die vermoeide geselskap in Amsterdam aangekom, koud, honger en bekommerd oor hul toekoms.

Op 21 Desember teken hulle ’n besoekersboek in die Waalse kerk. Daar vind ons bewyse van hul nuwe plan: Hulle gaan “pour le Cap”, na die suidpunt van Afrika. 16 dae later vertrek hul skip Borssenburg van Texel. Op 12 Mei stap Louis Faurite aan wal in Tafelbaai. In die Kaap sou hy Louis Fourie word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
19.85
+0.5%
Rand - Euro
17.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,663.77
+0.2%
Silwer
18.98
+0.9%
Palladium
2,203.50
-0.1%
Platinum
864.50
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,219
+0.5%
Alle aandele
63,561
+0.5%
Hulpbronne 10
59,765
-0.1%
Industriële 25
77,047
+0.4%
Finansiële 15
13,907
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos