Een van Amerika se groot probleme gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die reëlmaat waarmee die Duitse lugmag hul bomwerpers neergeskiet het.
’n Amerikaanse offisier het toe ’n blink plan beraam: Ondersoek elke vliegtuig wat vol gate by die basis aankom en teken dit aan. Vinnig was ’n patroon duidelik: Byna al die skote was op die vlerke, die stert of om die kajuit gekonsentreer. Die voorstel was toe dat hierdie dele versterk word. Hoe meer beskerming hierdie areas het, is geglo, hoe minder bomwerpers sal neergeskiet word.
Gelukkig is hierdie inligting ook aan Amerika se voorste statistikus gewys, wat dadelik die denkfout raakgesien het.