Wanneer ’n krieketspan ’n groot beurt nodig het in kitskrieket, is dit fataal om die laaste stertkant-kolwer in te stuur, veral as die blitsboulers jou moet kartetse peper en jou topkolwers reeds gaan stort het.
Die opslagballe wat die opposisie – en van die ANC-lede – na pres. Cyril Ramaphosa afgestuur het, het ’n groot beurt geverg van iemand in die ANC wat die kolfbeurt van span ANC moet anker.
Ramaphosa se kolfmaats die afgelope week in die presidensie se begrotingsdebat was niemand anders nie as adj.pres. David Mabuza, Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, en Pemmy Majodina, die ANC-hoofsweep, wat die kastaiings uit die vuur moes gaan krap het.