Oudpres. FW de Klerk en sy laaste (video)boodskap aan Suid-Afrika het tot ’n wydlopende gesprek gelei oor hoe hy as politikus en mens beoordeel moet word.
In hierdie rubriek wil ek ook graag twee opmerkings oor die saak maak, maar miskien is dit raadsaam om eers stil te staan by van die kritiek wat in lewe en dood teenoor De Klerk uitgespreek is.
Wanneer dit by die kritiek kom, is dit nie so maklik om die kritiek te beoordeel nie, en wel vir minstens twee redes.