Die gesprek tussen die Christendom en die wetenskap het die afgelope weke weer op die voorgrond getree.
Een van die skeppendste bydraes tot dié gesprek kom van die Franse filosoof René Girard – wat al beskryf is as die “Darwin van die geesteswetenskappe”.
In ’n onderhoud wat in 2007 met Girard gevoer is, sê hy met waardering vir Darwin se werk: “I have always tried to think inside an evolutionary framework. The compatibility between theism and evolution is not an issue for me, and the whole debate between Darwinists and creationists (or advocates of intelligent design) is simply passé and not very interesting from my point of view.”