In die gesprek oor ’n beter Suid-Afrikaanse regering wat moet kom, is daar twee invloedryke standpunte, wat albei nuwe vorme van samewerking vooronderstel.
Volgens die een standpunt moet die klem veral val op die partypolitiek, naamlik dat gematigde politieke partye verbind tot die Grondwet samewerking in die vorm van koalisies moet nastreef.
Hopelik sal hierdie samewerking teen die nasionale verkiesing van 2024 of op die laatste 2029 gevestig genoeg wees dat so ’n koalisie ’n alternatiewe regering kan vorm – of so lui die betoog van die ondersteuners van hierdie benadering.