Dit is nou al ’n gegewe dat die virus en die staat van inperking ons nie net anders na dinge laat kyk nie, maar ons ook dít help raaksien wat ons voorheen misgekyk het.
Die kerk is geen uitsondering nie, en die huidige situasie het drie ongemaklike waarhede aan die lig gebring waaroor die kerk hand in eie boesem moet steek.
Eerstens is daar die kerk se verhouding met die Suid-Afrikaanse staat, wat ons terugvoer na die jare 380 en 390, jare wat vir die Christendom en grondwetlikheid van die grootste belang bly.