Namate die verval van die ANC en die land se infrastruktuur al hoe tasbaarder in ons alledaagse lewens word, word die vraag opnuut onder Afrikaners gevra of dit nie maar beter is om ons lewens in die buiteland te lei nie.
Heelwat onlangse statistieke en anekdotiese getuienis dui daarop dat daar opnuut ’n uittog van Afrikaners na die buiteland is. In hierdie rubriek word bogenoemde vraag andersom gevra: Waarvoor kies ons eintlik as ons kies om hier te bly?
Om mee te begin, kan verwys word na ’n belangrike insig wat die groot Kanadese filosoof Charles Taylor in sy magistrale A Secular Age (2007) oor die gemoderniseerde eietydse Westerling vra.