Die Franse filosoof en sosioloog Jean Baudrillard (1929-2007) het gedurende sy leeftyd wêreldberoemd geword vir sy begrip van die simulakrum.
Wat hy met dié gewigtige term bedoel, is betreklik eenvoudig, maar die toepassingsmoontlikhede daarvan is legio.
Om te verstaan wat dit beteken, is dit nuttig om te verstaan waarteen hy hom verset het: Die idee dat ons op grond van noukeurige waarnemings wat ons met behulp van presiese instrumente van die werklikheid maak, ons kennis oor die werklikheid kan vermeerder.