My pa het my ma in ’n poskantoor ontmoet waar sy agter die toonbank gestaan het toe hy op ’n dag seëls gaan koop het. So vergewe my as ek sentimenteel klink oor die poskantoor.
Jare lank was dit een van die spilpunte in die gemeenskap – ’n plek waar jy posstukke kon afhaal en versend en van waar jy telegramme kon stuur.
Elke dorpie het ’n poskantoor gehad – vandaar die gerief dat jy posstukke poste restante kon stuur vir diegene wat van plek tot plek geswerf het.