Wat gaan aan met die klomp ongelukke op die land se paaie waarby vragmotors betrokke is? Die laaste tyd sien ’n mens byna daagliks op sosiale media foto’s en video’s van óf roekelose bestuur óf gru-ongelukke waarby vragmotors betrokke is.
Terwyl ek hier skryf, kom foto’s op my WhatsApp van twee vragmotors wat op die N1 net buite Matjiesfontein naby Laingsburg gebots het. Die een lê op sy sy, met ’n diep skraapmerk op die teer.
Nog ’n video wys ’n man wat brandstof uit die tenk van ’n vragmotor langs die grootpad tap. Nee, steel.