Die afgelope Paasnaweek het ek tyd deurgebring langs die viswaters van die kusdorp Hermanus in die Overstrand. Hier is ek van Goeie Vrydag tot Gesinsdag geleer om langs die rotskus vir die “manne in die leerjasse”, altans galjoen, te soek.
Hermanus kom op dae soos dié as ’n slaperige dorp voor: verlate en met byna stil paaie. Almal is iewers.
Die geboue en huise in en rondom die sakegebied is almal in wit of liggrys met donkerkleurige dakke en gee ’n soort eenvormigheid en karakter aan die buurte.