Ek het twee Kodak-filmrolletjies uit die 1980’s in ’n kas ontdek en ewe nuuskierig oor wat daarop kan wees, dit by die Kodak-winkel in die mall ingegee. Die “spool”, soos ons dit destyds genoem het, is Johannesburg toe gestuur om daar met nuwe tegnologie ontwikkel te word. Die koste was toe R160 vir die kosbare foto’s van ’n langvergete partytjie. Destyds sou dit, ek dink, R30 of minder gekos het.
Tussen die foto’s was daar ’n paar wat geblur het en eintlik useless was, maar die res het my oomblikke laat beleef van pure nostalgie en happiness.
Die foto’s het ons familie met ons verlede verbind en ’n mens kon die punt waar ons vandag is, waardeer en ook vir God bedank.