Die afgelope week het twee gebeure tot my oor gekom: die een hartseer, die ander meer hartverskeurend.
In die hartseer geval vir ons in die Helderberg was dit die skielike dood van ’n eertydse skoolhoof.
Ebrahim Adams is op sosiale media wyd besing vir sy gemeenskapdiens aan die Helderberg en ook die absolute gentleman wat hy was. Hy was in sy 80’s.