Heel te wagte het vrae ontstaan oor Heindrich Wyngaard se Kaapse Forum-skuif in vennootskap met AfriForum en dus die groter Solidariteitsgroep. Maar net so interessant was die aard van heelwat van die reaksie daarop.
Reeds etlike jare gelede het Ban Ki-moon, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, in sy ampstermyn klem daarop begin plaas dat regerings nie meer in staat gaan wees om alle dienste te lewer nie. Hy het die rol van burgerlike organisasies en ander vrywillige gemeenskappe beklemtoon.
Ook Christine Lagarde, hoof van die Europese Sentrale Bank, het in haar vorige rol as hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) daarop begin aandring dat burgerlike organisasies betrokke raak by projekte wat die IMF in sommige lande ondersteun het.