Is 2022 die jaar waarin Panyaza Lesufi en AfriForum gaan begin saamwerk om Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel van ondergang te help red? Dis tyd dat rassespanning in die onderwys end kry, skryf Hannes Kruger.
Die matriekuitslae is vanjaar weer taamlik rooskleurig aangebied. Daar is egter steeds baie probleme – soos gelyke toegang tot gehalte-onderrig – wat baie meer prominent onder die vergrootglas moet kom.
Dit is geen geheim dat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, en die burgerregteorganisasie AfriForum die afgelope paar jaar hare kloof oor gelyke toegang tot gehalte-onderrig nie. In wese verteenwoordig hulle twee baie diverse groepe en dit is dié twee en al hul belangegroepe wat vanjaar om ’n tafel sal moet sit en onderhandel en saamwerk.