Die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap is armer met die dood van Paul Cookson in Erfenismaand, skryf Willem Fransman jr.
Sy kitaar het altyd om sy nek gehang. Daarsonder het jy hom nêrens gesien nie. ’n Mens kan as’t ware sê dat sy kitaar aan sy sy vasgegroei was.
Dit is hoe vriende, familie en teatergangers Paul Cookson van die Kaapse Vlakte tot in die diep platteland sal onthou.