Koos Kombuis skryf hy het ’n heerlike Kersgety gehad, maar nou moet hy die gevolge daarvan dra.
Kersfees is verby. Dalk moet ek dit meer sagkens stel. Meer polities korrek: Die feesgety is verby.
Ek het nie verwag dit sou ’n lekker feesgety wees nie. Daar was nie baie geld vir geskenke nie, die oes was skraal. Ons het geen familie of vriende genooi nie. My vrou het gewoeker met ons beskikbare begroting en nietemin daarin geslaag om ’n storm los te kook.