Hy is die laaste ruk soos baie ander mense oorval deur angsaanvalle en depressie, maar twee dinge het gebeur wat hom hoop gegee het, skryf Koos Kombuis.
Ek het baie lanklaas trots Suid-Afrikaans gevoel.
Opgesaal met ’n regering wat meer praat as wat hy doen, omring deur die verskriklikste tonele van werkloosheid en verval, geboelie deur daaglikse beurtkrag en gekniehalter deur desperate pogings om my kwynende begroting te laat klop, is dit geen wonder nie dat ek die laaste tyd meesal donker liedjies geskryf het en dikwels oorval is deur angsaanvalle en depressie.