Ons het pas die langste nag van die jaar oorleef. Dit is die middel van die winter, in die middel van ’n pandemie.
og is daar baie om voor dankbaar te wees. My kinders het kom kuier vir Vadersdag en ek het die eerste van my Pfizer-inentings gekry.
Ek het verlede Woensdag op Jeugdag met ’n gevoel van bevryding wakker geword – iets wat ek laas in 1994 ervaar het. Ek het ’n afspraak met die 16-jarige Zoe, ’n leerling van die Hoërskool Stellenberg. Danksy tegnologie kon die afspraak op Zoom geskied, die derde vlaag ten spyt – tekens van die nuwe normaal.