In die internasionale politiek is daar twee ontwikkelings wat die aandag trek.
Die eerste is die groei van ’n tweede Koue Oorlog, dié keer tussen Amerika en Navo enersyds en Rusland en China andersyds.
Die tweede is dat die Noordpoolgebied, ook bekend as die Arktika, ’n sentrale rol daarin speel. Dis eintlik logies, want die ekonomiese en strategiese betekenis van die Noordpoolgebied is aan die groei. Die gebied vorm geografies die kortste afstand tussen Rusland se verre noorde, Navo se mees noordelike gebiede in Noorweë, asook Kanada en die Amerikaanse deelstaat Alaska.