In Swede word die regse verkiesingsoorwinning as ’n politieke aardverskuiwing beleef. En dit kan ook implikasies vir die politieke magsverhoudinge in ander Europese lande hê.
Die regse blok van vier partye het drie setels meer as die sentrum-linkse blok behaal. Wat beteken dat hulle ongetwyfeld die volgende regering gaan vorm.
Dis die eerste keer in baie jare dat die taamlik linksgesinde Sosiaal-Demokratiese Party nie deel van die regering sal uitmaak nie, al bly hy met 30% van die stemme die enkele sterkste party in die parlement. Wat die skok des te groter maak, is dat die sterkste party in die regse blok, die Swede-Demokrate (20,6%), ’n regs-ekstremistiese agtergrond het, met sy oorspronklike wortels in die land se neo-Nazi-beweging.