Die Amerikaanse presidentsverkiesing vir 2024 begin vroeg, skryf Leopold Scholtz.
In 2020 was dit Donald Trump wat namens die Republikeinse Party koppe gestamp het met Joe Biden van die Demokratiese Party. As dit van dié twee afhang, sal hulle met die volgende botsing oor meer as twee jaar wéér teen mekaar te staan kom.
Maar in die Amerikaanse politiek is níks ooit heeltemal seker nie. Om die waarheid te sê, daar is ’n beduidende moontlikheid dat álbei sal uitval nog voor die verkiesingsveldtog vir 2024 behoorlik aan die gang kan kom.