Finlandisering is ’n begrip wat tydens die Koue Oorlog ’n duidelike politieke lading gehad het. Dit was gegrond op die feit dat Finland destyds ’n neutrale posisie tussen die Sowjetblok en die Weste ingeneem het en nie lid van die Warschauverdrag óf Navo was nie.
Vandeesweek het Finland aangekondig dat hy amptelik aansoek om Navo-lidmaatskap doen. En die algemene verwagting is dat die eweneens neutrale Swede môre die Finse voorbeeld gaan volg.
Die Finse geval is buitengewoon interessant.