Twee internasionale besoeke vandeesweek illustreer die wyse waarop Amerika en Rusland met mekaar wedywer.
Die een is van pres. Joe Biden van Amerika aan Israel en Saoedi-Arabië; die ander van pres. Wladimir Poetin van Rusland (en Recep Tayyip Erdogan van Turkye) aan Iran.
Wat die twee besoeke koppel, is dat albei bedoel was om die eie invloed in die Midde-Ooste te vergroot en dié van die teenstander te beperk.