Wie is Wladimir Poetin? Wat is die kragte en oortuigings wat sy optrede bepaal wanneer hy besluit om buurlande binne te val, vra Leopold Scholtz.
Wanneer jy wil vasstel wié ’n bepaalde staatsman is en wát sy optrede bepaal, is een metode om na sy houding rakende die geskiedenis te kyk. Dit vertel meestal behoorlik baie.
Wie is Wladimir Wladimirowitsj Poetin? En wat besiel hom om ’n onuitgelokte oorlog teen Oekraïne te begin?