Daar is soveel veranderings in die wêreld wat geleenthede skep. Hoe, wonder Leslie van Rooi, moet Afrika te werk gaan om nie ’n verlore vasteland te word nie?
Antony Blinken, Amerika se minister van buitelandse sake, se onlangse besoek aan Afrika en sy uitsprake oor die vasteland het my weer laat dink oor onlangse gesprekke in die buiteland oor ons kontinent.
Dit is duidelik dat Afrikalande op sekere tye as sterker bondgenote gesien word as in ander periodes en dat baie gesprekke oor ons kontinent nie sonder persepsies geskied nie.