Leslie van Rooi skryf oor twee onlangse ervarings van Suid-Afrikaners wat te midde van uitdagende tye “vol hoop bly” en hoop “laat gebeur”.
Waarom bly Suid-Afrikaners hoopvol?
Daar is geen twyfel dat ons as Suid-Afrikaners uitdagende tye beleef nie. Dit voel of ons behoorlik van die een krisis na die ander spring Ten spyte van groen lote wat van tyd tot hul kop uitsteek, brand die droewige son van groeiende uitdagings en krisis daardie lote soms vinnig dood. Of so lyk dit.