Desembermaande is interessante tye in Suid-Afrika wat ons met te min tyd vir nadenke laat, skryf Leslie van Rooi.
2022 het sy einde bereik en 2023 het ons begroet. Die ou jaar se uitdagings word nou deel van die uitdagings en moontlikhede van die nuwe jaar. Die oorgang is op ’n vreemde maar realistiese manier aaneenlopend – ons laat dus baie min agter en word deels begroet met die bekende.
’n Mens sou verwag dat ons die maande Desember en Januarie sal gebruik om te terug te dink aan die jaar wat was en om te beplan vir die jaar wat kom. Maar dit is nie juis moontlik nie – nie as ’n mens onthou wat alles in hierdie kort periode(s) in ons land uit(ge)speel (het) nie.