In Suid-Afrika het ons ons aptyt verloor vir oudpres. Jacob Zuma se hofsake en vir Eskom. Maar ons moet aanhou dors na geregtigheid, skryf Dawid Kuyler.
Aptyt beteken ’n behoefte aan kos. Vra maar diegene wat op ’n dieet is hoe moeilik dit is om hul aptyt te bedwing. Die skaal sê jy moet minder eet, maar jou liggaam steur hom nie aan wat die skaal sê nie.
Die afgelope paar maande het ek leer reg eet en ’n aptyt ontwikkel vir die regte soort kos en regte porsiegrootte, en nou het my skaal sy aptyt begin verloor om my aan te kla met groot getalle. As jy tien kilogram ligter weeg, dan besef jy dat ’n ongesonde aptyt nie goed was vir jou nie. Die motivering om jou aptyt in bedwang te hou, lewer goeie vrugte af. Ander mense kan weens depressie of siekte hul aptyt vir kos verloor en moet hulself dikwels dwing om iets te eet, al het hulle geen behoefte aan kos nie.