Min van ons kan terugdink aan ons ma’s se kombuise sonder om nostalgies te raak. Ma se kombuis was die hart van ’n huis.
My ma se kombuis was eenvoudig. Met ’n stoof, yskas, ketel en ’n kombuistafel waar ons aangesit het vir etes.
Daar was nie goed soos ’n mikrogolfoond en ’n aangrensende opwaskamer nie. Skottelgoed is gewas in die enkelwasbak oorkant die stoof. Geen afdroograk nie; skottelgoed is dadelik afgedroog en weggepak. Die wasmasjien het in die badkamer gestaan.