‘Weet jy waar ek Brasso kan kry?” kom die benoude versoek.
Nee, wens ek het geweet. Soek self al vir amper meer as ’n jaar. Vra ’n winkelassistent. Nee, hulle is net so verbaas oor hierdie nuwe tekort.
Onvermydelik natuurlik, het een winkelier gedink die bekende ou blikkie met sy blinkmaak-inhoud het die knie gebuig voor daardie een verskynsel wat deesdae meer blaam dra as enige ander verskynsel, Covid. Toe hy sien hoe ek oë rol, vertel hy ja-nee, daar is ander produkte wat ook in die slag gebly het.