Die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer het pas ’n ad hoc-komitee aangestel om onder meer ondersoek in te stel of die getal setels voldoende is om inwoners optimaal te verteenwoordig. Die huidige 42 setels is – nes in die ander provinsies – sedert die instelling van die wetgewers in 1999 onveranderd.
Wetgewers se setels is oorspronklik bepaal volgens ’n formule van een setel per 100 000 inwoners, wat beteken setelgetalle wissel van provinsie tot provinsie. Die formule het in 1999 verval, maar is weens ’n wysiging van die Kieswet in 2021 weer van toepassing. Provinsiale setels sal voortaan voor elke verkiesing deur die Verkiesingskommissie bepaal word volgens dié formule, tensy daar ’n verdere wetswysiging kom. Die Grondwet bepaal wetgewers mag ’n minimum (30) en maksimum (80) getal setels hê.
42 setels